TOC

This article has been localized into Afrikaans by the community.

Aan die gang:

Visual Studio Community

WPF is, soos alreeds beskryf, 'n kombinasie van XAML (opmerkteks) en C#/VB.NET/enige ander .NET taal. Dit kan alles gewysig word in enige teksverwerker, selfs Notepad wat ingesluit word met Windows, en dan gekompileer word van die bevellyn af. Die meeste ontwikkelaars verkies egter om 'n IDE (Integrated Development Environment) te gebruik, want dit maak alles soveel makliker, van kode skryf to kompilering.

Die verkiesde IDE vir .NET/WPF is Visual Studio, wat nogal baie geld kos. Maar gelukkig het Microsoft besluit om dit maklik en vry vir almal te maak om te begin met .NET en WPF, so hulle het 'n vry weergawe van Visual Studio, naamlik Visual Studio Community, geskep. Hierdie weergawe bevat net bietjie minder funksie as die volle Visual Studio, maar dit het alles wat jy nodig het om te begin WPF leer en werkende applikasies to maak.

So gaan laai Visual Studio Community af van Microsoft - dit is gratis en maklik om te installeer en te gebruik.

https://www.visualstudio.com/vs/community/

Sodra dit afgelaai en geinstalleer is, klik na die volgende artikel om te begin WPF leer.